Pasiënt Afdeling
Ons wil graag verseker dat u ‘n positiewe ervaring het elke keer wanneer u ons praktyk besoek. Maak dus asseblief seker om die volgende tydens jou eerste afspraak vir jou pasiëntlêer saam te bring:
- Identifikasiekaart / ID-boek
- Huisdokter se verwysingsbrief (indien van toepassing)/ Oogkundige verwysingsbrief
- Alle relevante vorige doktersverslae/ Oogkundige verslae
- Bevestiging van Mediesefonds magtiging
- Die aanvanklike kontantbetaling vir die eerste konsultasie (ons rekeningafdeling sal die bedrag bevestig wanneer u ‘n afspraak skeduleer).
Ons besef die belangrikheid van finansiële beplanning voor enige prosedure, of mens nou ‘n mediese fonds het of nie. In hierdie geval moedig ons jou aan om seker te maak wat u spesifieke mediesefonds-opsievoordele insluit sodat die beste behandelingsmoontlikhede met jou bespreek kan word.
BELANGRIKE FINANSIËLE INLIGTING
- Ons hef ingekontrakteerde fooie;
- Ons behandel Discovery Keycare-pasiënte teen die voorgeskrewe tarief;
- ‘n Aanvanklike kontantbetaling word vereis met jou eerste konsultasie totdat mediesefonds-besonderhede bevestig kan word.
AS ‘N PRAKTYK GEE ONS OM VIR ONS GEMEENSKAP
Om mense se sig te help herstel lê Dr. van Wyk na aan die hart. Om meer mense in die gemeenskap van Potchefstroom te bereik, inisieer hy samewerking met die gesondheidsbedryf en verskillende hospitale om op ‘n gereelde basis gratis dienste aan behoeftige mense te verskaf.
Wat om te verwag tydens jou eerste besoek
VOOR- EN NA-OPERASIE INLIGTING
VOOR OPERATIEWE SORG
Chirurgie word in ‘n daghospitaal gedoen. Topikale verdowing word gewoonlik aangebied met druppels. Maak asseblief seker dat u al u kroniese medikasie soos gewoonlik op die dag van die operasie neem. Pasiënte word die dag voor die operaie in kennis gestel van die geskeduleerde tyd om by die hospitaal te wees. Die beplande tyd in die hospitaal sal ongeveer drie ure wees. Die operasie neem slegs 30 minute van hierdie tyd. Die res van die tyd word benodig vir voorbereidings en nasorg. Maak seker dat u normaal eet, behalwe as jy spesifiek vir algemene narkose bespreek is, dan moet jy vir ses uur voor die operasie niks eet of drink nie.
Indien u algemene narkose gaan ontvang moet u steeds u daaglikse medikasie neem, al vas u vooraf, met slegs 30 ml water.
NA OPERATIEWE SORG
Tydens jou opvolgbesoek sal jy inligting ontvang oor watter tipe leesbril vir die eerste ses weke gebruik kan word. Briltoetse kan na ses weke gedoen word aangesien jou visie dan gewoonlik gestabiliseer het. Bring asseblief alle uitgereikte/voorgeskrewe druppels saam na elke konsultasie toe.
Retina CHIRURGIE
HERSTEL VAN Retina LOSLATING
Na die prosedure moet u voortdurend posisioneer. Dit is gewoonlik in ‘n siklus van 50 minute posisioneer en dan 10 minute normale beweging om die uur dan af te sluit. Dit is belangrik om jou kop op die voorsgeskrewe manier te posisioneer tot die gasborrel geleidelik verdwyn het. Dr. Roelof sal die proses verduidelik en wys watter posisie om te behou en vir hoe lank.
Jou sig sal vir ten minste 2 weke ná die operasie swak wees as gas in jou oog geplaas is. Die sig sal vaag bly as silikon olie tydens die operasie ingesit is. Jy moet nooit wenkbrou pyn, oogbank pyn of naarheid ervaar ná die operasie nie. Indien wel, kontak dadelik die spreekkamer.
VITREKTOMIE
As ‘n gasborrel in jou oog geplaas is, kan dr. Roelof aanbeveel dat jy jou kop vir ‘n sekere tyd in spesiale posisies hou. Jy sal nie met ‘n vliegtuig op hoë hoogtes kan reis totdat seker gemaak is dat die gasborrel opgelos het nie. ‘n Vinnige verandering in hoogte kan ‘n gevaarlike styging in oogdruk veroorsaak. Met ‘n olieborrel is dit egter veilig om in die lug te reis.
EPIRETINALE MEMBRAAN CHIRURGIE
MAKULÊRE GAT-CHIRURGIE
OUDERDOM VERWANTE MAKULÊRE DEGENERASIE
Voorbereiding neem een uur. Die inspuiting self neem slegs vyf minute. Die oog sal die aand na die inspuiting krapperig voel. Die oog kan oopgemaak word binne 15 minute na die inspuiting. U sal antibiotiese druppels gegee word om in die oog te sit vir twee dae na die inspuiting. Hierdie druppels moet vier keer per dag toegedien word. Die oog moet daagliks verbeter, minder krap en minder rooi word. Die visie moet nie skielik verander nie, anders moet jy dadelik die spreekkamer kontak.
STRABISMUS CHIRURGIE
Hierdie operasie word gewoonlik onder sedasie of topikale narkose aangebied. U sal wakker wees, maar nie bewus van enige pyn nie. Jy kan eet soos gewoonlik en moet al jou daaglikse medikasie neem soos voorgeskryf. Die oog sal baie rooi wees na die operasie. Hou asseblief die oog heeltemal toe vir die tydperk soos die dokter voorgeskryf het. Maak die oog eers die dag na die operasie oop en begin dan die voorgeskrewe druppels toedien. Drup die druppels vyf minute uitmekaar in en maak dan die oë weer toe.
Tydens u opvolg besoek sal die dokter besluit of die oog oopgehou kan word. Bring asseblief alle uitgereikte druppels saam na elke konsultasie toe.