Welkom by die webwerf van chirurgiese oftalmoloog, dr Roelof van Wyk.
Ons nooi jou uit om ons webwerf te besoek en jouself te vergewis van die spesifieke chirurgiese prosedures, ons betrokkenheid by die Potchefstroomse gemeenskap en ons praktyk.
Die pasiëntafdeling verskaf belangrike inligting om jouself voor te berei vir jou eerste besoek aan ons kamers en lig jou in oor wat om voor en na ‘n prosedure te doen. Nuttige finansiële inligting word ook hier aangebied.
Belangriker nog, ons webwerf stel jou bekend aan Dr Roelof van Wyk en die span wat vir jou sal sorg op jou pad na beter ooggesondheid… [lees meer]
ONS IMPLEMENTEER SLEGS DIE NUUTSTE METODES DEUR DIE NUUTSTE TOERUSTING WANNEER KATARAK CHIRURGIE UITGEVOER WORD.
WAT OM TE VERWAG MET JOU EERSTE BESOEK AAN DR VAN WYK SE PRAKTYK.
Die Span
Ons span vriendelike, bekwame personeel sal jou deur elke stap van die proses lei.
Ek het oogoperasies by Dr Roelof gehad. Hy is verreweg die mees opregte en sorgsame geneesheer wat regtig omgee vir jou welstand. Ek is dankbaar en het die grootste respek vir hom en sy span.
KATARAK CHIRURGIE
Ek implementeer slegs die nuutste metodes deur moderne toerusting. Chirurgie vir katarakte beteken die troebel lens word verwyder. [lees verder…]
GLOUKOOM SIFTING EN CHIRURGIE
Pasiënt se behandeling hang af van die spesifieke tipe gloukoom, die erns van die siekte en hoe goed dit op behandeling reageer. [lees verder…]
REFRAKTIEWE LASER CHIRURGIE
As jy refraktiewe chirurgie oorweeg, moet jy en dr Roelof jou lewenstyl en visiebehoeftes bespreek om die mees geskikte prosedure vir jou te bepaal. [lees verder…]
STRABISMUS-CHIRURGIE
Strabismus-chirurgie maak die oogspiere los of styf, wat die belyning van die oë relatief tot mekaar verander. [lees verder…]
Retina-Chirurgie
By ons praktyk word Optiese koherensie-tomografie (OKT) gebruik om gedetailleerde beelde van weefsels binne-in die oog vas te lê om die skade aan die oog te bepaal en moontlike behandelingsopsies wat gevolg kan word. [lees verder…]
KORNEA-OORPLANTING
Laser
PTERYGIUM CHIRURGIE
‘n Pterygium is ‘n groeisel aan die buitekant op die wit van die oog wat oor die gekleurde deel van die oog kan strek. Dit kan lei tot astigmatisme, of littekens as dit nie behandel word nie [lees verder…]